Mercedes-Benz 190Dc (W110) | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Produksie |
|
Montering |
|
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Eksekuteursmotor (E-segment) |
Uitleg | Voorenjin, agterwielaandrywing |
Spesifikasies | |
Lengte | 4730 mm |
Breedte | 1795 mm |
Hoogte | 1495 mm |
Asafstand | 2700 mm [2][3] |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Mercedes-Benz W120/W121 |
Opvolger | Mercedes-Benz W114/W115 |
Die Mercedes-Benz W110 was in die middel-sestigerjare die intreevlaklyn vir middelgrootte Mercedesmotors. Synde een van Mercedes se reeks Fintail (Duits: Heckflosse)-modelle, was die W110 aanvanklik beskikbaar met 'n 1,9 L M121-petrol of 2,0 L OM621-diesel inlynviersilinder. Dit is in April 1961 as die 190c en 190Dc sedan bekendgestel,[4] wat die W120 180c/180Dc en W121 190b/190Db vervang het.
Die W110-reeks is in Julie 1965 opnuut opgeknap om die 200 en Diesel 200D (modeljaar 1966 vir Noord-Amerika) te word; terselfdertyd het 'n sessilinder 230 (opvolger van die Mercedes 220) deel geword van die W110-reeks. Die produksie het slegs drie jaar geduur, met die W115 220 en 220D wat in 1968 bekendgestel is. Die W110 en die sessilinder W111 was die eerste reeks Mercedesmotors wat omvattende botsingstoetse vir die veiligheid van die insittendes ondergaan het.
Onderstelkode | jaar | model | enjin | aantal gebou |
---|---|---|---|---|
W110.010 | 1961 – 1965 | 190c | 1.9 L M121 I4 | 130554 |
W110.110 | 1961 – 1965 | 190Dc | 2.0 L OM621 Diesel I4 | 225645 |